Die ongeluk het omstreeks 08:10 op die Matjiesrivierpad gebeur.
Dit blyk dat die Nissan 'n Isuzu-bakkie, wat besig was om regs te draai verbygesteek het toe die twee voertuie gebots het.
Die Nissan het die pad verlaat teen 'n steil wal afgerol en onder in 'n landery te lande gekom.
Volgens nooddienswerkers is drie insittendes met hoofbeserings en twee jong seuns met ligte beserings hospitaal toe geneem.
Niemand in die Isuzu is beseer nie.

Omstanders staan bo langs die pad vanwaar die bakkie gerol het.

Die bakkie word deur 'n insleepdiens verwyder.
ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'