Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het sedert Julie 2018 tot April vanjaar ongeveer R566 000 aan dienste by die diereskut spandeer. Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder het Dinsdag gereageer op 'n navraag oor dié kwessie wat verlede week deur dierewelsynsorganisasies gerig is.
Dit volg nadat die Oudtshoorn Courant berig het dat die munisipale begroting vir die skut R1,2 miljoen beloop sou die DBV die bestuur van die skut oorneem.
Die DBV het egter soos reeds berig, kop uitgetrek en diereorganisasies wou weet watter bedrag tot dusver aan skutdienste bestee is. Volgens die verklaring wat deur Mangqwengqwe gestuur is, is die volgende bedrae tot April bestee:
Salarisse - R 200 888.02, voertuighuur - R 49 115.44 en ander uitgawes (kos, skoonmaakmiddels, brandstof en veeartsenydienste - R315 950.34 wat die totale uitgawes op R 565 953.80 te staan bring.
Met die onttrekking van die DBV word daar opnuut deur organisasies getender vir die bestuur van die skut en planne om die skut na 'n meer geskikte perseel nader aan inwoners by die munisipale store te verskuif, gaan voort.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'