OUDTSHOORN NUUS - Drie mans van Mosselbaai is vroeër vandag gearresteer na 'n diefstal buite Pick n Pay.
Twee van die mans is op kameras vasgevang waar hulle agter 'n man staan en hom dophou. Hulle het hom gevolg toe hy die winkel verlaat en terwyl een met hom gesels het, het die ander een sy beursie wat in 'n inkopiesak was, gesteel.
'n Derde man het blykbaar in 'n Mazda met 'n CBS registrasienommer gewag. Die motor is later op ander kameras in die dorp opgemerk en die drie verdagtes is vasgetrek toe hulle by Klein Karoo Agri ingedraai het.
'n Navraag aan die polisie is nog nie beantwoord nie, maar dit blyk dat die beursie nie gevind is nie, maar 'n bedrag kontant en 'n afstandbeheer wat moontlik gebruik kan word om motors oop te sluit, is glo ook in die motor gevind.
Die verdagtes agter die slagoffer in die winkel voordat hulle hom na buite gevolg het.
Die verdagtes se motor wat op n kamera in die dorp vasgevang is.
Die toneel by Klein Karoo Agri waar die verdagtes gearresteer is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'