Update
OUDTSHOORN NUUS - Die transitoroofsaak waarin vier verdagtes van George van gewapende roof, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aangekla word, is die week in die Oudtshoorn-streekhof vir uitspraak tot 14 Februarie uitgestel.
Simphiwe Matwa, Lwandiso Lento, Masixole Dolomba en Sakhele Nkabi, 'n weermagkaptein, word daarvan aangekla dat hulle die rooftog beplan het.
Twee gemaskerde mans het op 19 Julie 2021 'n sekerheidswag van Fidelity Cash Solutions, Lonwaba Maqwasa, by 'n motorhawe in Bridgton geboei en van sy vuurwapen en sowat R86 000 kontant beroof het.
Hulle het met 'n Toyota Tass van die toneel weggejaag en die geld naby Timbercity in die kattebak van 'n wagtende Nissan Sentra gelaai. Matwa, Lento en Dolomba is nog dieselfde oggend in die Outeniquapas by afdraai na Blanco deur die polisie in hegtenis geneem en Nkabi 'n paar dae later.
Drie van die verdagtes tydens hul arrestasie.
Die staatsaanklaer, Brandon Smith, versoek die hof om die vier se weergawes te verwerp en op al die aanklagte skuldig te bevind terwyl hul regsverteenwoordigers, Eugene Roos van die Regshulpraad en Jurgen Loff vir hul vryspraak vra omdat die staat nie sy saak bo redelike twyfel bewys het nie.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni.
Vorige artikels:
- Vermeende transitorowers wil appelleer
- Roofsaak word weer uitgestel
- Transitoroof: Borgtog aan al 4 geweier
- Transitoroof: Saak weens Covid uitgestel
- Transitoroof: Saak vir uitspraak uitgestel
- Borgtogaansoek op 17 Augustus voort
- Beweerde transitorowers voor vir borgtogaansoek
- Weermag kaptein doen in Augustus aansoek om borgtog
- Oudtshoorn soldier 4th suspect in heist
- Opvolg: Gesteelde geld teruggevind
- Rowers teiken geldwassery
- Transitoroofsaak nader einde
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’