OUDTSHOORN - Die borgtogaansoek van die vier mans wat in verband met die transitorooftog by die Bridgton-vulstasie, in hegtenis geneem is, is vandag uitgestel omdat die Oudtshoorn-hof weens ‘n Covid-19-geval gesluit is.
Die saak is verlede week uitgestel na die staat en verdediging hul argumente in die aansoek gefinaliseer het. Landdros Marvin De Vos sou vandag sy uitspraak maak.
Die saak sal Vrydag 27 Augustus voortgaan en die verdagtes bly tot dan in aanhouding.
Simphiwe Matwa, Masixole Dolombo en Lwandiso Lento is op 19 Julie, kort nadat hulle 'n sekerheidswag van Fidelity Guards van R86 000 beroof het, aan George se kant van die Outeniquapas in hegtenis geneem. Sakhele Nkabi, 'n kaptein verbonde aan die Infanterieskool in Oudtshoorn is op 23 Julie in hegtenis geneem. Al vier die verdagtes woon in George.
Al vier verdagtes staan tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, besit van vuurwapens, besit van ammunisie en besit van 'n ongemagtigde vuurwapen.
Nkabi, Dolomba en Matwa word deur adv. Zukile Mqulo verteenwoordig terwyl Bulelani Bans vir Lento verteenwoordig. MP Heyns tree vir die staat op.
Masixole Dolombo
Lwandiso Lento
Kapt. Sakhele Nkabi
Simphiwe Matwa
Vorige artikels:
- Transitoroof: Saak vir uitspraak uitgestel
- Borgtogaansoek op 17 Augustus voort
- Beweerde transitorowers voor vir borgtogaansoek
- Weermag kaptein doen in Augustus aansoek om borgtog
- Oudtshoorn soldier 4th suspect in heist
- Opvolg: Gesteelde geld teruggevind
- Rowers teiken geldwa
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'