OUDTSHOORN NUUS - Danelle Titus oudleerder van Hoërskool Oudtshoorn het onlangs 'n aanlyntoneelspelkompetisie gewen wat deur Desire Gardner (Suidooster-ster) aangebied is.
Sy gaan binnekort in 'n kortverhaal speel wat volgende jaar in Kaapstad geskiet en op Via uitgesaai gaan word.
Danelle is ook bevoorreg om vir 'n jaar deur Desire Gardner afgerig te word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'