OUDTSHOORN NUUS - Swartberg Country Manor op die Matjiesrivierpad aan die voet van die Swartberge, het verlede Saterdag hulle heel eerste piekniek met musiek aangebied.
Die gewilde musikant, Jak de Priester, het die bykans 200 gaste met gewilde liedjies soos Sally Williams Nougat en Groen Mamba vermaak.
Behalwe vir die ongeveer 50 piekniekmandjies wat die Manor se Patat-restaurant voorberei het is daar ook roosterkoek, hamburgers en gourmet worsbroodjies verkoop.
Swartbergkaas van die plaaslike kaasmaker Asley-Anne May is ook bekendgestel.
Sy het reeds verskeie toekennings by die departement van landbou ontvang.
Die Swartbergkaasreeks sluit gebraaide Haloumi, yogurt balletjies en gegeurde roomkaas in.
Die kase is binnekort by die Patat-restaurant beskikbaar.
Jak de Priester op die verhoog.
Na die sukses van verlede week se piekniek beplan Swartberg Country Manor 'n unieke konsert met smulkos in Junie of Julie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'