OUDTSHOORN NUUS - Cayden Jansen, 'n gr.2 leerder verbonde aan Van Reede Primêre Skool, het vanmiddag, 23 Desember, in 'n opslaan-swembad by hul huis verdrink nadat hy vermoedelik 'n epileptiese aanval gehad het.
Volgens Cayden se tannie, Anushka Henning, was die water soos gewoonlik baie vlak en het haar ma, Bernice Kritzinger, vinnig in die huis gegaan en toe sy terugkeer, het sy gesien dat Cayden met sy gesig in die water lê.
'n Hartseer Henning het aan die Oudtshoorn Courant vertel dat Cayden, wie se troetelnaam "Peanut" is, 'n jarelange geskiedenis van angs- en epileptiese aanvalle gehad het.
"Hy was so 'n liefdevolle kind met drome om in sy pa se voetspore te volg om ook eendag 'n polisieman te word. Net gister het hy nog vir sy mamma gesê al waarna hy uitsien, is Kersfees. Ons is almal is so hartseer en kan steeds nie glo wat gebeur het nie," het 'n emosionele Henning gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’