OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit is besig om al vyf die dorp se reservoirs skoon te maak.
Johan Uys, gehaltebestuurder by die Oudtshoorn-munisipaliteit se waterwerke, het gesê die eerste reservoir, oos van die dorp aan die agterkant van die Oudtshoorn Korrektiewedienste, is Donderdag 1 Maart skoongemaak.
“Dié reservoir en drie ander kan elk 13,5 miljoen liter water stoor. Die Kerkstraat reservoir stoor slegs 3,6 miljoen liter water.”
Uys het verduidelik dat die skoonmaakproses jaarliks plaasvind en geen water gemors word nie.
“Die inlaatklep word toegemaak en wanneer die dam leeg is met voorsiening van water aan die dorp, vind die skoonmaakproses plaas.”
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder vir die Oudtshoorn-munisipaliteit, het vanoggend, 5 Maart, gesê: “Ons het die uitslae ontvang van die watermonsters wat Dinsdag 27 Februarie geneem is.
"Alhoewel al die reservoirs se E.coli tellings nul is, is ons dit eens dat die water vir drinkdoeleindes, steeds gekook moet word, aangesien dit steeds troebel is en dit dus die effektiwiteit van die chlorinering verminder."
Lees vorige artikels hieronder:
- Drinkwater minder troebel
- Daadwerklike aksie teen troebel water
- Opvolg: Troebel drinkwater
- Troebel drinkwater verduidelik
- Opvolg: Water is weer reg vir gebruik
- Oudtshoorn-water weer reg vir gebruik
- Drinkwater moet steeds gekook word
- Chlorine dose at maximum
- Muis of duif dalk in stelsel
- Drinkwater: Hoë bakterieë lesing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'