OUDTSOORN NUUS - Vrae en skok is ontlok na die tragiese dood van twee inwoners van Oudtshoorn.
Oudtshoorn-polisie het ‘n moorddossier geopen na die dood van ‘n man en vrou in Jonesstraat, Oudtshoorn, Maandag 29 Desember.
Adjudant-offisier Chris Spies, polisiewoordvoerder vir die Suid-Kaap het die voorval bevestig wat ongeveer 15:45 plaasgevind het.
“Voorlopige ondersoek toon dat Oudtshoorn-polisie op ‘n skietvoorval reageer het by die huis van die egpaar. Met aankoms het die lede ‘n man (38) en ‘n vrou (34) met skietwonde in die badkamer gevind. Hulle is deur paramedici op die toneel dood verklaar. ‘n pistool wat op die toneel gevind is, is gekonfiseer.”
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Vorige berigte:
- Vier moorde te veel
- Moorddossier geopen na vrou se moord
- Man se liggaam in begraafplaas gevind
- 14-Jarige in hof vir mesdood
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’