OUDTSHOORN NUUS - ‘n 14-Jarige seun sal na verwagting vandag in die Oudtshoorn-landroshof op ‘n klag van moord verskyn.
Die onbekende man is Maandagaand 22 Desember om 21:30 leweloos in Bongolethu gevind.
Volgens ao Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder was lede onderweg met patrollie in Petunia en Dreamglowstraat in Bongolethu toe hulle op die man afgekom het.
“Die slagoffer het ‘n meswond aan sy bors gehad en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”
‘n Moord dossier is geopen en het die ondersoek gelei tot die inhegtenisname van ‘n 14-jarige seun. Dit het intussen bekend geraak dat die oorledene wyle Denzil "Sergo" Boeta Prins was. Oudtshoorn Community Against Crime (OCAC) ondersteun die familie en beoog ‘n kranslegging later in die week.
Die minderjarige seun is geskeduleer om vandag, Dinsdag 23 Desember in die Oudtshoorn-landdroshof te verskyn op ‘n klag van moord.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’