OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-gemeenskapspolisiërings-forum (GPF) het 'n nuwe voorsitter, Henrico Kumutu, aangestel.
Kumutu bring 'n waardevolle kombinasie van leierskap, toewyding en 'n sterk passie vir gemeenskapsveiligheid na die rol.
Sy aanstelling kom op 'n tyd waar samewerking tussen die gemeenskap en wetstoepassingsagentskappe belangriker as ooit tevore is.
Volgens Kumutu is sy visie vir die GPF om 'n platform te skep waar alle deelnemende en belanghebbende organisasies in Oudtshoorn as 'n kollektief kan saamwerk om misdaad en misdaadneigings proaktief aan te spreek.
Hy beklemtoon dat gemeenskapspolisiëring 'n spanpoging is en dat gemeenskapsdeel-name 'n kernrol in misdaadbekamping speel. "Misdaadbekamping en aktiewe betrokkenheid vanuit die gemeenskap is van kardinale belang," het hy gesê.
Kumutu meen die GPF is noodsaaklik omdat dit 'n geleentheid skep om beter verhoudinge tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die gemeenskap te bou. Hy moedig inwoners aan om aktief deel te neem aan die bekamping van misdaad in hul woongebiede.
Hy het ook inwoners aangemoedig om die MySAPS-toepassing af te laai, wat gemeenskapslede in staat stel om polisiëringsdienste en dienslewering binne hul gemeenskap te monitor.
Vorige artikels:
- Weer nie 'n kworum nie
- Geen kworum by GPF-jaarvergadering nie
- Straatkinders, karwagte en prostitusie neem dorp oor
- Oudtshoorn Gemeenskaps Polisieringsforum moet vakatures vul
- GPF bespreek knelpunte
- Buurtwagte noodsaaklik
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’