Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Oude Muragie-pad vanaf die Kango Bergoord tot by die aansluiting met die De Rust-pad is tans gesluit nadat ‘n tweede brand ‘n ruk gelede uitgebreek het.
Volgens Hannes Visser, burgemeester Chris Macpherson se woordvoerder, het die tweede brand ongeveer drie kilometer van die eerste brand uitgebreek.
"Daar is nie op hierdie stadium meer inligting nie, behalwe dat brandbestryders hard spook om die verspreiding van die brand te keer.
Daar word ‘n beroep op mense gedoen om water en energiedrankies aan die brandslaners te skenk. Die drankies kan by die sekerheidspersoneel by die hoofingang van die munisipaliteit afgegee word."
Die kantoor van die burgemeester sal toesien dat dit na Kango Bergoord geneem word.
VERSKAFDE VIDEO:
Vorige artikels:
- Opvolg: Brand by Raubenheimerdam
- Raubenheimerdam-brand tans onder beheer
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Sterk wind bemoeilik brand by Raubenheimerdam
- Brand in Schoemanshoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'