Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van Stephanus Olivier, die pastoor wat op 37 klagte van onder meer verkragting tereg staan, het vandag in die Oudtshoorn-streekhof voort gegaan.
Die staat het gister hul ondervraging met die klaer voltooi waarna die saak na vandag uitgestel is sodat Christo van der Berg, Olivier se regsverteenwoordiger, met kruisondervraging kan begin.
Die kruisondervraging is egter telkemale onderbreek om die klaer kans te gee voor sy verder kon getuig.
Na middagete was die klaer egter siek en kon Van der Berg nie met kruisondervraging voort gaan nie.
Die saak is na môre uitgestel.
Vorige artikels:
- Pastoor pleit in verkragtingsaak
- Pastoor se verhoor na môre uitgestel
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'