Update
OUDTSHOORN NUUS - Sedert die jongste berig in die Oudtshoorn Courant oor Oppiespoor, het die redakteur talle oproepe van ontstelde "klante" ontvang.
Een was uit Malmesbury waar Oppiespoor onlangs etlike dae deurgebring het.
In openbare belang is die Oudtshoorn Courant van voorneme om vas te stel wat die ware toedrag van sake is. Om hierdie rede sal daar van Maandag af met 'n datalys begin word van mense wat registrasiegeld betaal het en aanvoer dat hul geen beloofde geld ontvang het nie.
Besonderhede van hoe inligting aan die koerant deurgegee word sal Maandag op Oudtshoorn Courant se Facebook blad gedeel word.
Neem kennis dat daar verantwoordelik met alle vertroulike en persoonlike inligting omgegaan sal word soos gereguleer deur klousule 4 van die Perskode.
Verwante artikels:
- Oppiespoor dreig die koerant
- Oppiespoor afwesig oppielug
- Oppiespoor-kwessie op radio
- Wanneer ontspoor Oppiespoor?
- Inwoners op spoor van Oppiespoor
- Geen spoor van Oppiespoor geld
- Vrae oor Oppiespoor se prokureursbrief
- Oppiespoor stel wanpersepsie reg
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'