OUDTSHOORN NUUS - Langenhovenweg in Oudtshoorn ontvang tans 'n nuwe baadjie met die Revive Oudtshoorn-projek wat ten doel het om plante wat daar sal aard, in sekere areas aan te plant.
Tans word spekbome en bougainvilleas aangeplant op die middelman van Langenhovenweg.
In gesprek met Juanita Knox, landskapsargitek vertel sy dat hul plant vir plant probeer om positiwiteit in die gemeenskap te saai. Buiten verfraaiing is dit ook 'n werkskeppingsprojek. "Die Oudtshoorn-munisipaliteit het ongelooflik baie gedoen om ons by te staan om die projek te laat realiseer," vertel sy. Anneke Olivier staan haar en die span by en nooi hulle persone in Oudtshoorn wat lief is vir tuinmaak om betrokke te raak by die inisiatief om die dorp met plante wat hier aard te versier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’