OUDTSHOORN NUUS - Shintino van Wyngaardt, die sewejarige seuntjie van die plaas Balmoral, wat wreed op 4 April 2022 vermoor en uitgebrand is, se vermeende moordenaar se verhoor begin op 14 Julie in Ladismith.
Oudtshoorn Courant het verlede jaar berig dat hy op 4 April deur sy ma, Shanique, as vermis aangemeld is nadat hy glo by sy pa gaan slaap het. Sy verkoolde liggaam is dieselfde dag gevind.
'n Minderjarige is vir sy moord in hegtenis geneem. Betroubare bronne het bevestig dat Shintino by 'n dam met 'n harde voorwerp aangerand en toe verder die veld ingedra is. Die bron het verder gesê dat daar toe 'n vlambare vloeistof oor Shintino gegooi is en hy is aan die brand gesteek is.
Shintino is daarna in 'n vlak graf begrawe. Shanique van Wyngaardt, moeder van Shintino, is vol hoop dat reg en geregtigheid sal geskied.
Vorige artikels:
- Shintino uiteindelik begrawe
- Nog geen begrafnis vir Shintino
- Hoeko-seun op 7 Mei gegroet
- 16-Jarige vas vir moord
- 16-Jarige vas vir moord op Santino
- Liggaam moontlik die van klein Santino
- Seun se verkoolde liggaam in Hoeko gevind
Shanique van Wyngaardt, moeder van Shintino.Foto: Deon Meyer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’