Update
LADISMITH NUUS - Shintino van Wyn-gaardt, die sewejarige seun wat in April wreed vermoor en in 'n vlak graf begrawe is, sou op 7 Mei begrawe word, maar na meer as 'n maand is daar nog geen liggaam om te begrawe nie.
Volgens die polisie is die liggaam onherkenbaar verbrand en is daar 'n vertraging met DNS-toetse om hom positief te identifiseer.
Lt.kol. Pauline Kriel, stasiebevelvoerder van Ladismith-polisiestasie het dit baie duidelik gestel dat dit baie moeilik is om 'n moontlike datum te gee vir wanneer die ondersoek afgehandel sal wees.
Shintino se ouma, Daleen van Wyngaardt sê: "Ons verneem die beskuldigde is uit op borgtog, terwyl ons nog wag op Shintino se oorskot. Die hof sê hy is 'n eerste oortreder, wat ons verstaan, maar hierdie was 'n baie wrede moord. Niks sal Shintino weer terugbring nie, maar ek glo nie die borgtogstorie is regverdig nie."
Vorige artikels:
- Hoeko-seun op 7 Mei gegroet
- 16-Jarige vas vir moord
- 16-Jarige vas vir moord op Santino
- Liggaam moontlik die van klein Santino
- Seun se verkoolde liggaam in Hoeko gevind
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'