Update
LADISMITH NUUS - ‘n 16-jarige is vir die moord op die 7-jarige Santino van Wyngaardt in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die stasiebevelvoerder van die Ladismith-polisiestasie, lt.kol. Pauline Kriel, dat hulle ‘n span saamgestel het wat die saak twee dae lank ondersoek het.
“Daar is deurgaans ondersoekwerk gedoen. Verskeie verklarings en genoeg bewysstukke is bekom en dit het tot die arrestasie van die 16-jarige gelei. Die seun moet deur ‘n maatskaplike werker geassesseer word.”
Klankgreep: 16 jarige vas vir moord op seun (7)
Omdat hy minderjarig is, mag sy naam nie bekendgemaak word nie.
Volgens Pojie sal die kind môre in die Ladismith-landdroshof verskyn.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'