OUDTSHOORN NEWS - Anna Jantjies van Le Roux-treinstasie-omgewing net buite Oudtshoorn het Vrydag, 15 April verjaar en die volgende dag haar 99ste verjaarsdag saam met vriende en familie gevier.
Dit blyk dat haar familie se lewensverwagting taamlik hoog is as mens in ag neem dat haar susters onderskeidelik reeds 103 en 96 jaar oud en springlewendig is.
Haar jongste sussie is tans 69 jaar oud.
Volgens Jantjies is die resep vir 'n lang lewe dat jy jou aan God moet verbind, jou vader en moeder eer en ook gereeld moet bid.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'