KLEIN KAROO NUUS - Die orkes van die departement van korrektiewe dienste (DKD) van Oudtshoorn was die groepwenners en Gaywin Claassen die solowenner van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum se 2019 Gospel-talentkompetisie wat Sondag in die St. Simons Anglikaanse Kerk met die eindronde afgesluit is.
In die afdeling vir groepsang was dit die Welgeluk familiekoor wat as naaswenners uit die stryd getree het met die Disciples for Christ jeugkoor wat in die derde plek geëindig het.
Gershwin Swati was tweede in die solo-afdeling en Stella Strydom derde.
Volgens Phillip Seroux, projekbestuurder van die OCJF, was dit weereens 'n baie suksesvolle kompetisie wat besig is om al groter te word.
Leon Moos, Lizell van Hansen en Mario Geldenhuys was Sondag se beoordelaars.
Seroux het sy dank uitgespreek teenoor die borge, nl. African Bank, Riaan Pietersen van Andy's Fisheries, EDENfm, die Oudtshoorn Jeugkafee en die Margich-egpaar.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'