Update
OUDTSHOORN NUUS - Borgtog is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof geweier aan 'n dokter van die Paarl wat in 2016 vir sy gemeenskapsjaar by die Infanterieskool op Oudtshoorn gewerk.
Hy is tot veertien jaar tronkstraf vir verkragting en seksuele aanranding gevonnis. Hy het om borgtog aansoek gedoen hangende die uitslag van sy appèlaansoek in die Kaapse hooggeregshof.
Danzil King (37) het hom tot die hooggeregshof gewend om te appelleer nadat streeklanddros Daniel, Boks , wat hom gevonnis het, sy verlof tot appèl afgekeur het.
Boks het met vonnisoplegging gesê dat King sy vertrouensposisie as mediese dokter misbruik het. Sy getuienis is as vals en leuenagtig verwerp terwyl sy slagoffers, twee 21-jarige vroulike rekrute, nie enige motiewe gehad het om hom valslik te beskuldig nie.
Die voorvalle het in April 2016 in die siekeboeg van die Infanterieskool plaasgevind toe die twee vroue die beskuldigde vir onderskeidelik 'n liesbesering en oorinfeksie besoek het. Hy het hulle in albei gevalle gevra om te ontklee om sy ondersoeke te doen.
King se regsverteenwoordiger, adv. Benito Metembo, het verlede week die hof om borgtog gevra in die lig van sy suksesvolle aansoek om teen die skuldigbevinding te appelleer.
Die landdros het egter bevind dat dit nie in belang van geregtigheid is nie en die aansoek afgekeur.
Lees vorige artikels:
- Dr. se appèl slaag
- Weermagdokter se appel toegestaan
- Weermagdokter 14 jaar tronkstraf opgelê
- Weermagdokter skuldig aan verkragting
- Weermagdokter se verhoor uitgestel tot Julie
- Saak teen weermagdokter vir uitspraak uitgestel
- Weermagdokter se aansoek om ontslag afgekeur
- Weermagdokter weer in Junie in hof
- Weermagdokter weer vlugtig in hof
- Weermagdokter se saak uitgestel
- Weermagdokter weer vlugtig in hof
- Weermagdokter rig vertoë tot DOV
- Dokter borgtog van R5 000 toegestaan
- Dokter in hof vir verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'