Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n dokter verbonde aan die Infanterieskool op Oudtshoorn, wat teregstaan op aanklag van verkragting en twee van seksuele teistering van twee vroulike rekrute, is in die Oudtshoorn-streekhof vir verdere verhoor tot Julie uitgestel.
Twee weermagoffisiere en 'n geneesheer wat een van die klaers ondersoek het, het reeds getuig.
Dr. Charlston Dreyer, is sedert Oktober verlede jaar mediesedienste-bestuurder by die Oudtshoorn-hospitaal, en het getuig dat een van die vroulike rekrute hom op 22 April 2016 besoek en meegedeel het dat die beskuldigde, Danzil King, haar die vorige dag ondersoek het.
Twee weermagoffisiere het vroeër getuig oor die mededelings aan hulle deur die twee rekrute nadat hulle in April verlede jaar in die siekeboeg van die Infanterieskool betas is en die deur van die spreekkamer gesluit was.
Die een rekruut het King vir 'n liesbesering besoek en die ander met 'n oor wat haar gepla het. Albei moes glo vir ondersoeke ontklee.
Volgens King se regsverteenwoordiger, adv. Benito Metembo, sal King getuig dat hy wel handskoene aangehad het toe hy een van die klaers vaginaal ondersoek het.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en die verhoor is tot 11 Julie uitgestel.
Lees vorige artikels:
- Saak teen weermagdokter vir uitspraak uitgestel
- Weermagdokter se aansoek om ontslag afgekeur
- Weermagdokter weer in Junie in hof
- Weermagdokter weer vlugtig in hof
- Weermagdokter se saak uitgestel
- Weermagdokter weer vlugtig in hof
- Weermagdokter rig vertoë tot DOV
- Dokter borgtog van R5 000 toegestaan
- Dokter in hof vir verkragting
ARTIKEL: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'