OUDTSHOORN NUUS - ‘n Dokter van die Paarl wat voorheen verbonde was aan die Infanterieskool op Oudtshoorn en in 2018 in die Oudtshoorn-streekhof aan verkragting en twee klagtes van seksuele aanranding skuldig bevind is, se aansoek om appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis is in die Kaapse Hooggeregshof toegestaan.
Die datum vir die saak moet nog deur die hof vassgestel word.
Streeklanddros Daniel Boks het die 36-jarige Danzil King se getuienis tydens die hofsaak in 2018 as vals en leuenagtig verwerp. Boks het bevind dat die klaagsters, twee vroulike rekrute, nie enige motiewe gehad het om hom vals te beskuldig nie.
Die voorvalle het in April 2016 in die siekeboeg van die Oudtshooorn Infanterieskool plaasgevind. In die eerste voorval het ’n 21-jarige rekruut die siekeboeg vir ’n oorprobleem besoek.
King het die vrou toe gevra om haar oorpak uit te trek en self haar damesbroekie uitgetrek. Hy het daarna glo verkrag en betas.
Hy het ook die siekeboeg se deur gesluit en later gesê hy wens hy was haar kêrel. Hy wou ook van haar weet wat sy hom sal gee indien hy haar sou afboek.
In die tweede geval het ’n tweede rekruut, ook 21, die beskuldigde vir ’n liesbesering besoek en is sy ook gevra om al haar klere uit te trek waarna hy haar glo ook betas het.
Lees vorige artikels:
- Weermagdokter 14 jaar tronkstraf opgelê
- Weermagdokter skuldig aan verkragting
- Weermagdokter se verhoor uitgestel tot Julie
- Saak teen weermagdokter vir uitspraak uitgestel
- Weermagdokter se aansoek om ontslag afgekeur
- Weermagdokter weer in Junie in hof
- Weermagdokter weer vlugtig in hof
- Weermagdokter se saak uitgestel
- Weermagdokter weer vlugtig in hof
- Weermagdokter rig vertoë tot DOV
- Dokter borgtog van R5 000 toegestaan
- Dokter in hof vir verkragting
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'