OUDTSHOORN NUUS - Die kwik gaan na verwagting vandag 29 Desember in die 30's draai in die Klein-Karoo.
Bonatuurlike hitte is die afgelope tyd in die Karoo ervaar, en is dit steeds baie droog met waterbronne wat onder druk is.
Inwoners word gemaan dat vlak 1 waterbeperkings in plek is. Vlak 2 waterbeperkings sal ingestel word indien die damvlak tussen 51% en 65% sou daal.
Waterbeperkings
Oudtshoorn-munisipaliteit het aan die begin van die feesseisoen die volgende waterbeperkings in plek gesit.
- Inwoners moet waterverbruik tot nie meer as 150 liter per persoon per dag te beperk.
- Besproeiing van sportvelde en tuine met munisipale drinkwater is slegs toegelaat tussen 06:00 en 09:00 en tussen 17:00 en 20:00, en net op Maandae, Woensdae en Vrydae.Handslange of sprinkelstelsels mag gebruik word.
- Die besproeiing van landbougrond, kampe, parke en oop ruimtes met munisipale drinkwater is ten strengste verbode.
- Geen skoonmaak van geplaveide, beton- of geteerde oppervlaktes en strukture met munisipale drinkwater deur middel van 'n tuinslang word toegelaat nie.
- Plantkwekerye en motorwasbesighede mag munisipale drinkwater gebruik, mits beste praktyke vir waterbesparing toegepas word en minstens 50% van die water wat gebruik word, herwin word.
- Die aanvul of vul van privaat swem-baddens met munisipale drinkwater word toegelaat, onderhewig aan die voorwaarde dat swembaddens met 'n nie-deurlaatbare soliede bedekking bedek word wanneer dit nie gebruik word nie, en dat terugspoelwater en reënwater waar moontlik herwin en benut word.
- Eiendomme waar besproeiing met water anders as drinkwater plaasvind, moet duidelik gemerk wees.
Vorige berigte:
- Warm in die Karoo, waterbonne word geraak
- Waterkrisis in Kannaland
- Min reen voorspel watertekort in streek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’