OUDTSHOORN NUUS - Met ongeveer 75mm reën wat dié week in die opvangsgebied van die Raubenheimerdam geval het, het die damvlak teen Woensdag tot bykans 43% gestyg waar dit verlede week ongeveer 37% was.
Teen gister het water steeds in die dam ingevloei.
Die goeie reën van die afgelope week het groot verligting in sommige dele gebring, maar die munisipaliteit waarsku dat die droogte nog lank nie gebreek is nie en dat streng waterbeperkings steeds geld.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'