Video
OPVOLG @ 09:15 - Die pa van die 3 maande oue baba wat vanoggend in 'n botsing op die hoek van Van der Rietstraat en Parkweg betrokke was, het bevestig dat hulle baba ongedeerd is.
OUDTSHOORN NUUS - Twee voertuie was in 'n botsing betrokke op die hoek van Van der Rietstraat en Parkweg.
Nooddienste is op die toneel en dit wil voorkom asof een van die insittendes van die een voertuig 'n baba was wat intussen na die kleuterskool geneem is.
Die baba se pa het versoek dat die ambulans die baba by die kleuterskool ondersoek aangesien hy bekommerd is oor sy kind se welstand.
Oudtshoorn Courant sal later terugvoering gee oor die baba se welstand.
VIDEO - Botsing in Parkweg (Video: Sonia Wahl).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'