Update
OUDTSHOORN NUUS - Die borgaansoek van Masimthembe January, een van die vyf verdagtes in die moordsaak van die soldaat, Preston Titus (49), is gister in die Oudtshoorn distrikshof tot volgende week uitgestel omdat hy 'n nuwe regsverteenwoordiger bekom het.
Die 23-jarige January, ook bekend as MJ, word saam met die oorledene se vrou, Magdaleen, (Maggie), haar vriendin, Natasha Stuurman, Justice Mooi en Sixabiso Klip van die moord op Preston Titus aangekla.
Klip is na 'n pleitooreenkoms met die staat reeds tot vyftien jaar gevangenisstraf gevonnis, terwyl borgtog van R30 000 in die Kaapse Hooggeregshof aan Maggie toegestaan is, en R15 000 borgtog aan Stuurman.
Borgtog is aan Mooi geweier.
January het die hof gisteroggend meegedeel dat sy familie 'n prokureur van Knysna aangestel het om hom te verdedig en hy nie meer van regshulp gebruik sal maak nie.
Landdros Johan Steynberg het die saak daarna tot 24 Mei uitgestel.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Vyfde verdagte vas
- Weermagmoord: Natasha Stuurman kry borg
- Stuurman doen aansoek om borg
- Weermagmoord: Natasha Stuurman-borgtogaansoek vandag
- Weermagmoord: Borgtog geweier
- Weermagmoord: Geen borg vir Magdaleen Titus
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Borgtogaansoek steeds aan die gang
- Weermagmoord: Gerugte oor arrestasie onwaar
- Polisgeld dalk moordmotief
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'