Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Kaapse hooggeregshof het op Dinsdag 23 Februarie die aansoek van die voormalige bestuurder van Kango Wyne, Johan Brits, om teen sy skuldigbevinding te appelleer van die hand gewys en terugverwys na die streekhof in Oudtshoorn vir voortsetting van vonnisverrigtinge.
Regters Baartman en Wille het laat verlede jaar ook Brits se hersieningsaansoek van die hand gewys en die saak vir vonnisverrigtinge terugverwys na die streekhof op Oudtshoorn waarna Brits aansoek gedoen het om teen die hof se beslissing te mag appelleer.
Hy is reeds vyf jaar gelede deur streeklanddros Neels Nortjé skuldig bevind op 23 aanklagte van bedrog en twee van oortreding van die Wet op Drankprodukte.
Adv. Louis van Niekerk, senior staatsaanklaer in die kantoor van die direkteur van openbare vervolging, het Brits se aansoek teengestaan.
'n Datum vir sy volgende verskyning in die Oudtshoorn-streekhof moet nog bepaal word.
Lees vorige artikels:
- Johan Brits wil appelleer
- Hersiening nie toegestaan
- Saak teen Brits uitgestel
- Hersieningsaansoek van Brits terugverwys
- Voormalige wynhuisbestuurder: Saak uitgestel
- Voormalige wynhuisbestuurder weer in hof
- Voormalige wynhuisbestuurder in 2016 gevonnis
- Voormalige bestuurder skuldig aan bedrog
- Opvolg: Ontslag geweier in Brits-bedrogsaak
- Hof wil Brits nie verskoon vir 'bier'-mengsel
- Uitspraak in Brits-saak dalk September
- Brits-hofsaak uitgestel tot 2014
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'