Update
OUDTSHOORN NUUS - Die Kaapse hooggeregshof het 'n datum bepaal vir die aanhoor van 'n aansoek om verlof tot appèl van die voormalige bestuurder van Kango Wyne, Johan Brits, nadat die hof sy hersieningsaansoek van die hand gewys het.
Regters Baartman en Wille het die bedrogsaak teen Johan Brits verlede jaar vir vonnisverrigtinge terugverwys na die streekhof op Oudtshoorn waarna Brits aansoek gedoen het om teen die hof se beslissing te mag appelleer.
Brits is reeds vyf jaar gelede deur streeklanddros Neels Nortjé skuldig bevind op 23 aanklagte van bedrog en twee van oortreding van die Wet op Drankprodukte.
Volgens adv. Louis van Niekerk, senior staatsaanklaer in die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging, het die hooggeregshof 23 Februarie vir die aanhoor van die aansoek bepaal.
Die staat sal volgens Van Niekerk die aansoek teenstaan.
Lees vorige artikels:
- Hersiening nie toegestaan
- Saak teen Brits uitgestel
- Hersieningsaansoek van Brits terugverwys
- Voormalige wynhuisbestuurder: Saak uitgestel
- Voormalige wynhuisbestuurder weer in hof
- Voormalige wynhuisbestuurder in 2016 gevonnis
- Voormalige bestuurder skuldig aan bedrog
- Opvolg: Ontslag geweier in Brits-bedrogsaak
- Hof wil Brits nie verskoon vir 'bier'-mengsel
- Uitspraak in Brits-saak dalk September
- Brits-hofsaak uitgestel tot 2014
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'