OUDTSHOORN NUUS - Die hersieningsaansoek van die voormalige hoofbestuurder van Kango Wyne op Oudtshoorn, Johan Brits, wat op 23 klagtes van bedrog en twee van die oortreding van die wet op drankprodukte skuldig bevind is, is in die Kaapse hooggeregshof vir afhandeling van vonnisverrigtinge na die Oudtshoorn-streekhof terugverwys.
Volgens adv. Louis van Niekerk, senior advokaat in die kantoor van die Direkteur van Vervolging, het regter-president John Hlophe die besluit op 12 Junie geneem.
Brits het in sy hersieningsaansoek aangevoer dat streeklanddros Neels Nortjé, fouteer het in sy uitspraak deur glo ontoelaatbare of onbevoegde getuienis toe te laat en ander te ignoreer.
Die staat het die aansoek teengestaan omdat Brits wel 'n regverdige verhoor gehad het.
Landdros Nortjé het die saak op 29 Julie in die streekhof op Mosselbaai vir voortsetting in die Oudtshoorn-streekhof tot 18 September vanjaar uitgestel.
Lees vorige artikels:
- Saak teen Brits uitgestel
- Hersieningsaansoek van Brits terugverwys
- Voormalige wynhuisbestuurder: Saak uitgestel
- Voormalige wynhuisbestuurder weer in hof
- Voormalige wynhuisbestuurder in 2016 gevonnis
- Voormalige bestuurder skuldig aan bedrog
- Opvolg: Ontslag geweier in Brits-bedrogsaak
- Hof wil Brits nie verskoon vir 'bier'-mengsel
- Uitspraak in Brits-saak dalk September
- Brits-hofsaak uitgestel tot 2014
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'