Roerbraai bly 'n wenner op 'n weeksaand. Rek jou dis deur meer groente te gebruik en 'n geurige sous daarby te gebruik. Die meegaande resep het 'n heerlike pikante geur vanweë die gemmer en die pynappelkombinasie.
Roerbraaiwenke:
• Maak seker al die repies vleis is ewe groot, dit sal verseker dat die vleis eweredig gaar word. Repies moet ongeveer 5-8 cm lank en 1 cm in deursnit wees.
• Roerbraai moet vinnig geskiet. Sorg dat die skaapvleis wat gebruik word goed droog gemaak is. Braai die vleis vinnig en roer deurgaans, sodat dit in die vleissap lê nie.
• Braai die skaapvleis in 'n voorafverhitte pan of wok. As die pan of wok warm genoeg is sal die skaapvleisrepies binne 2 minute of gouer gaar word.
• Maak die vleis en groente apart gaar, eers die vleis en dan die groente. Wanneer die groente gaar is voeg die gaar vleis weer by. Dit sal verseker dat al die individuele elemente hulle vorm en geure behou.
• Voeg laaste die sous by en roerbraaivir 'n minuut. Bedien dadelik.
Het jy geweet?
Die Chinese versag hulle vleis met 'n mengsel van mielieblom en water. Die vleis word in die mengsel gelos vir tot 2 ure voor dit gaargemaak word.
Om hierdie by die huis te probeer, meng 2 t mielieblom in 250ml water en giet oor 400 g vleis, los die mengsel op die vleis vir 30 minute tot 'n uur, afhangende van die hoeveelheid vleis. Was die mielieblom af voor gaarmaak.
Pikante lamsroerbraai met pasta
10 minute15 minute 4 – 6 porsies
Bestanddele
- 100 g ongekookte pasta, soos linguine of spaghetti
- 30 ml (2 e) kookolie
- 500 g lamsrepe, in 4 – 6 cm lengtes gesny
- 2 preie, skywe gesny
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 100 g vars spinasie, gekerf
- 125 g knopiesampioene, skywe gesny
- 1 rooi- of groen soetrissie, ontpit en skywe gesny
- 440 g-blik pynappelstukke, gedreineer en sap behou
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 30 ml (2 e) rooiwyn- of bruinasyn
- 80 ml (1/3 k)
- pynappelsap
- 20 ml (4 t) suiker
- 2 ml (¼ t) fyn gemmer
- 10 ml (2 t) sojasous
- 10 ml (2 t) mielieblom
Bring water tot kookpunt in ´n medium, swaarboomkastrol. Voeg sout na smaak by. Voeg pasta by en kook tot sag, maar steeds ferm. Spoel onder koue water om te voorkom dat dit aanmekaar kleef en laat staan eenkant.
Verhit olie in ´n wok, gietysterplaat of ´n groot, swaarboomkastrol en braai lam tot goudbruin.
Voeg preie en knoffel by en soteer vir ´n paar minute tot sag. Voeg spinasie, sampioene, rissie, pynappel en geurmiddels by.
Sous: Meng al die bestanddele saam en gooi oor die roerbraai. Voeg pasta by en roer vir ´n paar minute tot sous effens verdik. Bedien onmiddelik.
Variasie: Vervang spinasie met kool of brokkoli.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'