Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Na vyf weke se inperkingstilte het die klokke in die toring van die CP Nel-museum Woensdagoggend weer gebeier.
Die drie gewigte wat die horlosie se verskillende dele laat werk en die klokke hulle stem gee, moet elke sesde of sewende dag met 'n slinger in die toring opgehys word. Johan Breunissen en Dries Jooste, twee van die manne wat reeds verlede jaar begin het om die horlosie en klokke te herstel, het Woensdagoggend toestemming gekry om die museum binne te gaan en die horlosie weer te laat tik.
Volgens Jooste probeer hulle om die gewigte eerder elke drie of vier dae op te hys. "As hulle doer heel onder hang is dit moeilik om hulle tot bo te kry, dan sweet 'n man maar."
Die klokke is herstel as deel van die Ek is Oudtshoorn-inisiatief nadat hulle vir meer as 'n dekade stil was. Daar is aanvanklik geraam dat herstelwerk honderde duisende rande sou kos, maar danksy 'n aantal innoverende sakemanne op die dorp is dit deur vrywillige en harde werk plaaslik gedoen.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'