DYSSELSDORP NUUS - Sekere dele van Dysselsdorp ondervind tans wateronderbrekings.
Die rede hiervoor is dat daar drie pypbreke in Dysselsdorp was wat sekere areas beïnvloed het.
Die munisipaliteit gee aandag aan die probleem en het alreeds een pypbreek herstel. Watertenke is ook uitgestuur om inwoners te help. Die probleem behoort in die loop van die dag opgelos te wees.
'Ons bring jou die nuuste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'