OUDTSHOORN NUUS - 'n Dringende waarskuwing is ontvang vanaf Oudtshoorn Munisipaliteit dat die kanaal baie sterk vloei. Inwoners word gemaan om versigtig te wees.
"Daar word ‘n dringende beroep op inwoners in die area van die kanaal gedoen om asb hulle kinders weg te hou van die kanaal af.
"Die water vloei verskriklik sterk en dit is baie gevaarlik.
"U samewerking word hoog op prys gestel."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'