OUDTSHOORN NUUS - Plaaslike inwoners het onlangs hande gevat en die versperrings langs die brug, vanaf rigting George in Langenhovenweg, rooi geverf.
Volgens een van die koördineerders Barbara Beets van die projek, is sy redelik nuut in die dorp en het sy opgemerk dat die ingang ietwat vervalle lyk.
Dis toe dat sy by Johan Breunissen, by wie se koffieonderneming sy gereeld koffie drink, 'n geselsie rondom dié aangeleentheid aangeknoop het en vandaar het die twee besluit om hul voornemens, 'n realiteit te maak.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'