OUDTSHOORN NUUS - Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Oudtshoorn het groot sukses behaal na verskeie seksuele oortreders, wat deur dié eenheid in hegtenis geneem is, altesaam meer as 95 jaar tronkstraf gekry het.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is 'n 27-jarige man verlede Vrydag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.
"Die man is in 2020 in hegtenis geneem kort na hy 'n 34-jarige vrou in Dysselsdorp verkrag het."
Op 16 Februarie is Jeremy Isaacs (36) gevonnis vir twee verkragtings wat hy in 2020 gepleeg het na hy 'n vrou na haar huis vergesel en verkrag het.
Vir die een verkragting het hy 25 jaar tronkstraf gekry en vir die ander 20 jaar.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'