OUDTSHOORN NUUS - 'n SAPD-voertuig was omstreeks 17:30 vanmiddag (Vrydag 9 Maart) in die tweede botsing vandag in Voortrekkerweg, Oudtshoorn, minder as 50 meter van mekaar, betrokke.
Volgens ooggetuies het die polisievoertuig uit die systraat links gedraai in Voortrekkerweg en die Mercedes het van 'n oostelike rigting in Voortrekkerweg gery.
"Die botsing was onvermydelik weens die geweldige spoed waarteen die ander motor gery het," het die polisiebeampte gesê.
Met die impak van die botsing is 'n geparkeerde motor ook getref en beskadig.
Met die impak van die botsing is 'n geparkeerde motor ook getref en beskadig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'