Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Bakkie het vanoggend in die roosterkoekstalletjie op die hoek van Voortrekkerweg en Hoogstraat gery na die bakkie met buitelandse toeriste se voertuig gebots het.
Volgens die toeris het hy van Edgars se kant in Hoogstraat gery.
"Ek het by die verkeerslig gestop en gery toe dit groen raak."
Die bakkie het van KFC se kant af in Voortrekkerweg gekom en na bewering oor die rooi verkeerslig gery.
Tannie Elsie, die eienaar van die stalletjie, kon net betyds uit die bakkie se pad kom.
Paramedici het haar vir skok behandel.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Kyk 'n video hieronder:
Volgens die toeris het hy van Edgars se kant in Hoogstraat gery.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'