OUDTSHOORN NUUS - Twee mans wat vermoedelik gisteraand en weer vanoggend helder oordag by 'n eiendom ingebreek het, is met gesteelde goedere by die eiendom betrap.
Volgens die eienaar van die Oasis Shanti Backpackers, loop hulle gereeld onder diewe deur.
Laasnag en vanoggend is ligte, sekerheidskameras, braaitoerusting en los goedere gesteel. Die verdagtes het ook 'n stoorkamer oopgebreek en is op kamera vasgevang waar hulle vanoggend net na 08:00 sakke met gesteelde eiendom oor die heining tel.
Polisielede op patrollie het hulle gesien en in hegtenis geneem.
Inwoners in Randstraat waar Oasis geleë is, het intussen besluit om die straat te monitor en enige vreemde of verdagte beweging onmiddelik op te volg en op 'n WhatsApp groep aan te meld.
Kyk die beeldmateriaal hieronder.
Die gedeelte van die huis waar n kelderstoor oopgebreek is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'