OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van vier mans van George in die transitoroofsaak waartydens ‘n sekerheidswag op 19 Julie verlede jaar by die Bridgton-vulstasie van sy vuurwapen en R86 000 kontant beroof is, kon weer nie verlede Donderdag in die Oudtshoorn-streekhof begin nie.
Die rede vir die vertraging is omdat drie van die beskuldigdes nog nie regsverteenwoordigers aangestel het nie.
Streeklanddros Ntsoki Moni, het ‘n bevel uitgereik dat Simphiwe Matwa, Masixole Dolomba en Sakhele Nkabi, van regshulp gebruik maak.
Hulle staan saam met Lwandiso Lento, tereg op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie asook die onwettige besit van ‘n ongemagtigde vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is.
‘n Duidelik omgekrapte Moni het dit aan die drie sonder regsverteenwoordiging gestel dat die saak nie so kan sloer voordat daar met die verhoor begin kan word nie.
Die saak is na die streekhof oorgeplaas nadat borgtog aan die verdagtes in die distrikshof geweier is. Die saak is uitgestel tot 28 April.
Vorige artikels:
- Vermeende transitorowers wil appelleer
- Roofsaak word weer uitgestel
- Transitoroof: Borgtog aan al 4 geweier
- Transitoroof: Saak weens Covid uitgestel
- Transitoroof: Saak vir uitspraak uitgestel
- Borgtogaansoek op 17 Augustus voort
- Beweerde transitorowers voor vir borgtogaansoek
- Weermag kaptein doen in Augustus aansoek om borgtog
- Oudtshoorn soldier 4th suspect in heist
- Opvolg: Gesteelde geld teruggevind
- Rowers teiken geldwassery
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'