Update
DE RUST NUUS - Die skoolhoof van 'n primêre skool in die De Rust-distrik wat van verkragting aangekla word, sal nog langer moet wag vir uitspraak in sy saak nadat dit verlede week uitgestel is omdat die landdros nog nie gereed was nie.
Nicholas de Jongh (57), word daarvan aangekla dat hy op 9 Maart 2017 'n 47-jarige vrou van De Rust verkrag het.
Hy het onskuldig gepleit.
Die staatsaanklaer, Elaine Plaatjies, het die hof vir De Jongh se skuldigbevinding gevra omdat sy weergawe nie sin maak nie.
De Jongh se regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, het die hof gevra om hom die voordeel van die twyfel te gee en vry te spreek.
Van der Bergh het gesê daar is geen mediese getuienis voor die hof nie. Volgens Van der Bergh is dit ook kommerwekkend dat die klaer nie onmiddellik na die polisie is nie, maar eers 'n paar weke later. Sy het die oggend na die beweerde voorval ook vir niemand daarvan vertel nie.
"Sy het ook die beskuldigde gebel om te hoor wat gebeur het en hy behoort die voordeel van die twyfel te kry," het Van der Bergh gesê.
Die saak dien voor streeklanddros Retha Pretorius en is verlede week vir uitspraak tot 19 Mei uitgestel.
De Jongh se borgtog van R2 000 en borgtogvoorwaardes is tot die uitspraakdatum verleng.
Lees vorige artikels:
- Saak teen skoolhoof vir uitspraak uitgestel
- Skoolhoof in 2020 in hof
- Verhoor van skoolhoof in Augustus voortgesit
- Skoolhoof eers in 2019 verhoor
- Verhoordatum vir skoolhoof in verkragtingsaak
- Saak teen skoolhoof uitgestel
- Skoolhoof kry borgtog in verkragtingsaak
- Skoolhoof kry borgtog in verkragtingsaak
- Onderwyser voor vir verkragting
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'