OUDTSHOORN NUUS - 'n Nuwe verhoordatum vir 'n prinsipaal van 'n primêre skool buite Oudtshoorn, wat van verkragting aangekla word, is Maandag in die Oudtshoorn-streekhof bepaal.
Die saak teen die 54-jarige beskuldigde is in 'n stampvol hof op versoek van die staatsaanklaer Willem Vister, tot 26 Oktober uitgestel omdat daar nie genoegsame tyd was om met die verhoor te begin nie.
Die man is op 20 Maart vanjaar borgtog van
R2 000 toegestaan. Van die borgvoorwaardes is dat hy nie kontak maak met die staatsgetuies in die saak nie en ook nie van adres verander sonder die medewete van die ondersoekbeampte, ao. Flip Jacobs, nie.
Die beweerde verkragting het glo op 9 Februarie vanjaar in Meiringspoort plaasgevind.
Die klaer is 'n 47-jarige vrou van De Rust.
Klik hier vir vorige artikels:
- Saak teen skoolhoof uitgestel
- Skoolhoof kry borgtog in verkragtingsaak
- Skoolhoof kry borgtog in verkragtingsaak
- Onderwyser voor vir verkragting
ARTIKEL: GARNETT WICOMB, OUDTSHOORN COURANT-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'