Update
DE RUST NUUS - Die verhoor van 'n skoolhoof van 'n primêre skool in die De Rust-distrik, wat van verkragting aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof as gevolg van 'n vol hofprogram vir die res van die jaar, tot volgende jaar uitgestel.
Die 57-jarige, Nicholas de Jongh, word daarvan aangekla dat hy op 9 Maart 2017 'n 47-jarige vrou van De Rust verkrag het.
Hy pleit onskuldig.
Die verhoor sou verlede week met die getuienis van Lesley Welman, wat die betrokke aand saam met die beskuldigde by 'n sportkroeg op Oudtshoorn was, voortgesit word, maar sy regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh kon weens onvermydelike omstandighede nie by die hof wees nie.
Thelisha Piedt, wat vir Van der Bergh ingestaan het, het die hof om uitstel versoek en streeklanddros Retha Pretorius het die saak toe tot 28 Januarie 2020 uitgestel.
De Jongh se borgtog van R2 000 en borgtogvoorwaardes is verleng.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'