Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Werknemers van Oudtshoorn-munisipaliteit het vroeg vanoggend 'n gedeelte van Voortrekkerweg met voertuie versper.
Volgens die groep, was hulle 'n gevaartoelaag belowe omdat hulle in hierdie tyd van Covid-19 moet werk.
Die waarnemende munisipale bestuurder, Reginald Smit, het die groep te woord gestaan. Hy het verduidelik dat so 'n besluit nie by hom berus nie en dat daar verskeie regulasies is wat spesifieke prosesse vereis. Hy het onderneem om Maandag weer met die werknemers te praat om terugvoering te gee.
'n Navraag oor die moontlikheid van 'n gevaartoelaag vir spesifieke afdelings is vanoggend deur die Oudtshoorn Courant aan die munisipaliteit gestuur.
Die groep is net na 09:00 vreedsaam uitmekaar.
Kyk 'n video hieronder.
Die waarnemende munisipale bestuurder, Reginald Smit, spreek die werknemers toe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'