Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Meer as 180 mense het Sondag Eljada Nasorg se gesinsete by De Opstal bygewoon.
Eljada Nasorg voorsien versorging aan 97 volwassenes met spesiale behoeftes en het die ete aangebied om geld in te samel.
Volgens die organiseerders was hulle uit die veld geslaan met die reaksie van inwoners. Daar was aanvanklik beplan om 150 kaartjies te verkoop, maar die reaksie was so goed dat daar vir nog 30 mense voorsiening gemaak moes word.
Inwoners van Eljada wissel tussen die ouderdomme van 19 en 63.
Die versorgingsoord voorsien in al hulle behoeftes wat gesondheidsorg insluit. Alhoewel die sentrum ‘n subsidie van die staat ontvang is dit nie naastenby genoeg om in al die inwoners se behoeftes te voorsien nie en daarom spring die personeel elke jaar uit om addisionele fondse te gnereer.
Daar was heerlik gekuier!
Lees meer oor Eljada se diens aan die gemeenskap in Vrydag se Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'