Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - ’n Paar lede van die publiek, wat vanoggend se spesiale raadsvergadering bygewoon het, was ’n kort rukkie gelede buite die raadsaal in 'n onderonsie met 'n DA-lid betrokke.
Die raadsvergadering waartydens die nuwe onderburgemeester verkies sou word, het reeds 10:00 begin, maar geen items op die agenda is na drie ure afgehandel nie nadat daar reeds twee breuke deur die speaker aangevra is.
Daar word ondermeer bespreek wie verantwoordelik gehou moet word vir die waarnemende munisipale bestuurder, Walter Hendricks, se regskoste.
Die hooggeregshof in George het verlede Vrydag die munisipaliteit gelas om Hendricks onmiddellik in sy pos aan te stel nadat 'n dringende mosie verlede week deur 13 raadslede aangebring is om van hom ontslae te raak.
Die munisipaliteit het nou tyd tot 10 Junie om redes te verskaf waarom hulle nie aanspreeklik gehou moet word vir Hendricks se regskoste.
Intussen wag die media en die publiek in spanning tot die raadsvergadering hervat word.
Die munisipaliteit het nou tyd tot 10 Junie om redes te verskaf waarom hulle nie aanspreeklik gehou moet word vir Hendricks se regskoste.
Video - Spesiale raadvergadering ontaard in chaos ( Video: Wyndham Ewerts)
Vorige artikels:
- Walter Hendricks se ontslag onwettig
- Hendricks se ontslag onwettig
- Donson en Hendricks uit
- Donson uitgestem as Onderburgemeester
- Gerald de Jager nuwe munisipale bestuurder
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'