Dit beteken dat polisielede nie meer vir skofte by die Outshoorn stasie moet aanmeld voordat hulle by die twee stasies gaan diens doen nie. Elk van die twee stasies kry ook nou 'n bevelvoerder en addisionele mannekrag. Die voordeel aan die gemeenskap is dat bykomstige personeel nou aan die stasies toegeken kan word waar hulle as kontakstasies nie vir aanvullende lede gekwalifiseer het nie.
Lede van die gemeenskap word uitgenooi om die amptelike opening van die twee stasies op 2 November om 09:00 by die Bridgton sportgronde by te woon.