OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn-polisie en misdaad intelligensie het Vrydag 'n onwettige vuurwapen in Afrikanerhof, Bridgton, gekonfiskeer.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisie woordvoerder, het die lede die huis deursoek en 'n Lugar-pistool, wat in 'n rugsak versteek was, in die slaapkamer gevind.
Twee persone wat in die huis woon is vir die besit van 'n onwettige vuurwapen in hegtenis geneem.
"Die ma (42) en seun (18) bly in aanhouding en sal Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn."
Spies sê die polisie het ook Donderdag 'n woning in Tierweg deursoek.
"Ongeveer 169 liter drank is gekonfiskeer en 'n 56-jarige man is vir die verkoop van drank sonder 'n lisensie in hegtenis geneem."
Volgens hom het die polisie ook 16 ander verdagtes vir dwelmverwante misdrywe in hegtenis geneem en 12 vir die besit van gevaarlike wapens.
"Die lede het verskeie skerp voorwerpe en klein bietjies tik, Mandrax en dagga tydens die arrestasies gekonfiskeer. Die verdagtes is tussen 18 en 56 jaar oud en sal van Maandag af in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn."
"Ongeveer 169 liter drank is gekonfiskeer en 'n 56-jarige man is vir die verkoop van drank sonder 'n lisensie in hegtenis geneem."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'