Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vonnisoplegging van die pastoor van Dysselsdorp wat aan verkragting van 'n tweeling skuldig bevind is, moes Maandag in die Oudtshoorn-streekhof uitgestel word omdat 'n proefbeampteverslag nog nie ontvang is nie.
Die 49-jarige Freddy Jaftha is aan twee aanklagte van verkragting skuldig bevind nadat die hof sy weergawe asook die getuienis van sy vrou as leuenagtig bevind en verwerp het.
Jaftha het die dade met die tweeling in 2017 en 2018 gepleeg wanneer hulle vir bidsessies by hom was. Hy het aan hulle gesê dat dit die wil van die Here is sodat hulle van hul siektes genees kan word.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en is uitgestel tot 4 Februarie 2021. Jaftha se borgtog van R1 000 sowel as sy borgvoorwaardes, is tot dan verleng.
Adv. Michelle Weyers verskyn vir die staat en adv. Steven Lourens vir Jaftha.
Lees vorige artikels:
- Pastoor skuldig aan verkragting
- Dysselsdorp-pastoor in Maart verder verhoor
- Hof weier pastoor se versoek om getuies terug te roep
- Klagtes nog nie gevoeg
- Pastoor se saak uitgestel
- Nog moontlike klagtes kom in pastoor-saak
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor weer in hof
- Pastoor en gemeente huil saam
- Pastoor op borgtog vrygelaat
- Pastoor vas vir beweerde verkragting
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'